Trigonometriese baken

'n Stapper by 'n trigonometriese baken op die Tsitsikammaberge

'n Trigonometriese baken is 'n landmerk of peilmerk wat vir geodetiese opmeting gebruik word. Hierdie bakens word gewoonlik deur regerings opgerig, en die koördinate en hoogte van die baken word dan gepubliseer. Die vorm van hierdie bakens verskil van land tot land. Die posisie en hoogte van elke trigonometriese baken word gewoonlik op topografiese kaarte aangewys.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search